|
Back to Forum Page - Post No. 64a
|
||
Stertvere waai
|
||
|
|
n Mini-oorlog dreig om uit te breek tussen insleepdienste aan die Oos-Rand.
Dit het só erg begin raak dat die tow-truckers selfs bouncers het wat saam met hulle ry – net ingeval ’n ander maatskappy dalk sou durf om ’n kar in te sleep.
Aasvoëls van Benoni en Boksburg is skytbang vir ’n rival maatskappy nadat ’n bouncer hulle gedreig het by ongelukstonele.
Een van die aasvoëls, JJ, se ouers is selfs deur die bouncer aangerand!
“Die beste van als is dat die bouncer ’n goeie vriend van my was,” sê JJ.
“My pa is al van die pad af gery en die ruit stukkend geslaan. Die ou het my pa sommer so deur die ruit geslaan.” |
|
|
Volgens JJ is die saak aan die polisie gerapporteer, maar dit het net doodgeloop. Die docket het ook spoorloos verdwyn.
“Ek glo hulle het spietkops en die cops in hulle sakke,” sê JJ.
“Hoekom anders verdwyn die sake sommer net?”
JJ is ook met die dood gedreig. Die eienaar van ’n insleepdiens en sy bouncer het JJ met ’n wapen gedreig. Lees die volledige berig in die koerant. |
||
|
__________________________________________________________________________________________________________________________
|
||