|
Back to Forum Page - Post No. 64
|
||
Gee die klein outjies ook 'n kans!
|
||
|
|
Die tow-truck-bedryf is ’n gemors – die fat cats word net vetter terwyl kleiner besighede die spit afbyt.
En dan is daar die interne en eksterne gevegte tussen tow-truck besighede regoor die land wat onskuldige victims van ongelukkie by hulle stront betrek.
Utasa, nóg ’n nasionale insleep-organisasie, het hulle stem dik gemaak oor die “onmededingende gedrag” van die ander organisasie, Satra.
Ettienne Pel, voorsitter van Utasa, sê die twee organisasies word nie deur die regering erken nie, maar dat hulle wel saam met die Vervoerdepartement werk om die industrie te reguleer.
“Die insleep-industrie het reeds so ’n slegte naam, en Utasa probeer sy uiterste bes doen om die beeld te verander en reg te stel by die padverbruiker,” sê Ettienne.
“Dis juis waarom ons daaraan glo dat ons organisasie eerder ’n kleiner groep professionele operateurs het, as om ’n klomp te hê wat oneerlik en oneties optree.” |
|
|
Volgens Ettienne is dit ’n voorreg, en nie ’n
reg nie, dat insleepdienste die motoris kan bystaan en moontlik
hulle voertuie sleep. |
||